KOOP 'N BEES EN PLOEG TERUG.
Kalahari Kraal
Boersaam is ‘n befondsingsinisiatief wat op die been gebring is om Terugploeg op die langtermyn volhoubaar te maak. Deelnemende krale regoor die land waar beeste deur lede van die publiek gekoop kan word, is geidentifisee. Die onderskeie beesboere bestuur die terugploegkudde as deel van hulle eie kudde. Die jaarlikse aanteel sal ons in staat stel om die bulle te verkoop en sodoende inkomste te genereer om Terugploeg se ander inisiatiewe te befonds.
Jy het nou die geleentheid om Terugploeg te ondersteun deur ‘n bees te koop en ons te help om die terugploegkudde regoor Suid-Afrika te vestig.
R15,000.00
Oor die bees & plaas
Die Brahman of Brahma is ‘n beesras soortgelyk aan die Seboe (Bos primigenius indicus) wat vir die eerste keer in Amerika geteel is uit beesrasse uit Indië ingevoer. Brahmanbeeste is deur kruisteling van Kankrej, Gujarat, Ongole, en die Gir (of Gyr) stamme verkry. Die Brahman is een van die gewildste beesrasse bedoel vir vleisproduksie en word algemeen gebruik in Argentinië, Australië, Brasilië, Colombia, Suid-Afrika, Verenigde State van Amerika en baie ander plekke.
Die Terugploeg Boersaam krale
- Kalaharikraal
- Rustenburgkraal
- Potgietersruskraal