INISIATIEWE
WERKSAAM ‘n Netwerk van bemagtiging
Werksaam is ‘n inisiatief waar werksgeleenthede vir werklose individue gefasiliteer word. Maatskappye wat werksgeleenthede beskikbaar het, kan die Terugploegspan nader en deur ons netwerk van goedgekeurde organisasies kan mense gewerf en aangestel word. Daar is verder ook werksgeleenthede om op die perseel van die Terugploeg fasiliteit te werk.
Die hoofdoelwit van Werksaam is om begunstigdes by goedgekeurde organisasies te bemagtig om nie afhanklik te bly van skenkings en donasies nie, maar aan hulle die nodige opleiding en geleenthede te gee om die formele werksmark te betree.
BOERSAAM Koop jou bees en ploeg terug
Boersaam is ‘n befondsingsinisiatief wat op die been gebring word om Terugploeg op die langtermyn volhoubaar te maak. Deelnemende krale regoor die land waar beeste deur lede van die publiek gekoop kan word, gaan geidentifiseer word. Die onderskeie beesboere gaan die terugploegkudde as deel van hulle eie kudde bestuur. Die jaarlikse aanteel sal ons in staat stel om die bulle te verkoop en sodoende inkomste te genereer om Terugploeg se ander inisiatiewe te befonds.
Jy het nou die geleentheid om Terugploeg te ondersteun deur ‘n bees te koop en ons te help om die terugploegkudde regoor Suid-Afrika te vestig.
VOEDSAAM Voed verandering
Voedsaam is die kosverspreidingsbeen van Terugploeg. Kos word aan goedgekeurde organisasies versprei wat dit dan verantwoordelik aan die behoeftige individue beskikbaar stel.
Jy kan ons ondersteun deur vars vrugte, groente, vleis of nie bederfbare produkte te skenk of ‘n finansiële bydrae te maak.
IMPAK TOT OP HEDE
INGESAMEL & VERSPREI
ETES VERSKAF
ONDERSTEUN
BY DIE TERUGPLOEGSLAGHUIS
WAT DEELVORM VAN DIE TERUGPLOEG KUDDES